Afrikaanse advertensieborde: die kunswerk wat oorgebly het

’n Groot deel van die advertensies wat in hierdie land gehang het, was in Afrikaans. Dit is die kunswerk wat ons weer druk.

A good deal of the advertising that hung in this country was in Afrikaans. This is a look at the pieces we reproduce, and what makes them worth hanging.

Koffie, eerste en laaste

Koffie-advertensies maak die grootste groep uit. Boervrou, Koffiehuis, Wapad, Raadsaal en Vyf Rose het almal hulle eie manier gehad om dieselfde ding te sê. Die kunswerk is dikwels warmer as die Engelse advertensies van dieselfde tyd: meer mense, meer landskap, minder produkverpakking.

Kyk na Boervrou, Koffiehuis Laubscher Melkery en Wapad Suiwer Koffie.

Die plaas

Plaasadvertensies was prakties. Maak die Hek Toe Asseblief is nie eintlik ’n advertensie nie, dit is ’n versoek met ’n handelsnaam onderaan, en dit is presies hoekom dit werk. Northse en ’n Ou Plaas in Suidwes Afrika kom uit dieselfde wêreld.

Petrol en pad

Groot handelsmerke het plaaslik in Afrikaans geadverteer. Shell Trekkrag en Shell Voortrekkers is goeie voorbeelde, en Dunlop se Suid-Afrikaanse dealerbord ook.

Wat dit is

Elke bord is ’n reproduksie in die ou styl, met UV-ink op Chromadek gedruk, 270 × 350 mm regop of 350 × 270 mm dwars, en reg om op te hang. Dit is nie oorspronklike emaljeborde nie.

Every piece is a vintage-style reproduction, UV-printed onto Chromadek board and ready to hang. They are not original enamel signs.

Meer

Die volledige versameling is op ons Afrikaanse nostalgie bladsy, en plaas en platteland dek die res van die plaasadvertensies.